Tuisbladsy              
 
  Balkie Nuut Jamie Martie Werkskole

Publikasies

e-pos: martie@storiewerf.co.za

terug na publikasies

Skryfboeke

Prenteboeke

Kinderboeke

Jeugboeke

Jeugboeke

DROOMVANGERS

(1997: HUMAN & ROUSSEAU)

FLAPTEKS

"Drome kan gevaarlik wees," het Mandla 'n week na die aaklige episode met Bill gesê.

"Net as 'n mens toelaat dat hulle jou oorvat," het Freddie geantwoord.

En Freddie sal weet, want hy was daar! 

Dit het alles begin by Robbie se intrek by mrs Naude-hulle. Almal in die straat was skielik gaande oor dié Robbie. Met sy hande wat vir niks verkeerd staan nie, sy belowende besigheid op die vlooimark en sy rooi bakkie het hy selfs vir Abigail en Crasher in sy sak gehad.

Dis toe dat hy wat Freddie is, besluit om ook iets te doen en dit was mrs Naude wat hom op die regte spoor gebring het. Hy sal ryk mense se honde was en sommer hope geld maak. Hy het tog immers ook sy drome... soos om eendag met Abigail te trou, in 'n groot huis te bly en baie motors te hê. 'n Plaas te koop met troppe honde én perde én skape én beeste.

Maar waarmee Freddie nie rekening gehou het nie, was dat om jou lyf entrepreneur te hou, nie altyd sonder slaggate is nie...

Kliek op die Kalahari prentjie om 'n boek direk van kalahari.net te bestel.