IN DIE TYD VAN DIE ESOB - 'n GIDS
(2001: TAFELBERG)
Nou by NASOU (021 406 3313) of http://www.nasou-viaafrika.com/
Nasou - Via Afrika se webwerf
IN DIE TYD VAN DIE ESOB het in 1996 verskyn en is
bekroon met die Sanlamprys vir Jeuglektuur.
Dit het Suid-Afrika ook
verteenwoordig op 'n internasionale simposium in
Indië in 1998.
Dit is 'n baie moderne boek en
spreek die jongmense van vandag direk aan.
(Lees ook die Sanlam-prysaanbeveling vir
In die tyd van die Esob
deur Petra Grütter).
ANDERKANTLAND (TAFELBERG UITGEWERS) (ook 'n dubbele
pryswenner) was na my inligting die eerste
Post-Modernistiese Afrikaanse
jeugboek. In die tyd van die Esob was die tweede.
Ons leef in 'n Post-Modernistiese tyd.
Post-Modernisme is slegs die Filosofiese
etiket (alhoewel 'n woord soos "etiket" nie in 'n Post-Modernistiese woordeskat
tuishoort nie!) wat aan ons tyd gegee word.
In die tyd van die Esob gee nie,
soos "gewone" romans duidelike antwoorde nie.
Elke individuele leser word self betrek
in die boek om betekenis daaraan te
gee. Soos die lewe self, het die boek dus nie
klaar-gebakte antwoorde nie en
vra dit vir interaksie met die leser.
In 2000 het ek vir 'n groep leerders van
Hoërskool Linden in Johannesburg
privaat skryfklasse gegee. Hulle
(toe in Graad 11 en 12) het almal in Graad 9
In die tyd van die Esob as voorgeskrewe boek
behandel. Toe hulle my sien, was
almal vol vrae oor die boek.
Inderdaad was dit vir hulle 'n Post-Modernistiese belewenis om die "werklike"
(?) skrywer van die boek te ontmoet aangesien daar
sprake van drie moontlike
skrywers in die boek self is. En is ek
dan die vierde moontlikheid? Hulle was
dol oor die boek maar het klaar-gaar antwoorde gesoek - ons het mos
klaar-gebakte resepte vir alles.
Ek het hulle baie frustreer deur net my skouers op te trek, te glimlag en te
së: "Ek weet nie. Hoe
moet ek weet?" Hulle het toe met allerlei eie
verklarings uitgekom en vertel
dat toe hulle die boek gedoen het, hulle vir dae
in die klasse gestry het met mekaar oor moontlike verklarings. Ek was ekstaties
- want dit het beteken dat die boek hulle
laat dink het en dit het dus in sy
doel geslaag. Wil ons dan nie juis
kinders laat dink nie - vir hulleself dink?
Een het my ook vertel dat die een klas
(met groot gelag) tot die bevinding
gekom het dat die skrywer op "drugs' was toe
sy die boek geskryf het!
Die boek is inderdaad nie so kompleks nie,
dit is net 'n uitdaging en volgens
my eie persoonlike waarneming verstaan
kinders met hulle oop koppe dit perfek -
die probleem lê daarin as mens die boek in
'n vorm wil indruk. Want net
soos die lewe self, is daar nie formules wat altyd werk nie. Dit is dus by
uitstek bevorderlik vir oopkop denke.
In die tyd van die Esob - 'n Gids neem die leser op 'n heerlike verrykende maar
eenvoudige reis deur In die tyd van die Esob en die tyd waarin ons en ons
kinders leef. (Die Gids is met groot sorg
deur Dr Nicol Faasen verwerk en
bygewerk).
|
|